Islam in Suid-Afrika

Riverside Soefi-moskee en Mausoleum in Durban
'n Moskee in Kaapstad
Soefi-moskee, Ladysmith, KwaZulu-Natal
Die Bo-Kaap in Kaapstad, historiese sentrum van Kaapse Maleiers
Moslems in Durban vier Eid-oel-Fiter

Islam in Suid-Afrika is 'n minderheidsgodsdiens wat volgens 2015-ramings deur sowat 1,9% van die bevolking beoefen word.[1] Islam in Suid-Afrika het in drie fases gegroei. Die eerste Moslems het van 1652 tot die middel 1800's as deel van die onwillekeurige migrasie van slawe, politieke gevangenes en bannelinge van Afrika en Asië (veral van die Maleise Argipel) hierheen gekom. Die tweede fase was tussen 1860 en 1868, en weer van 1874 tot 1911: die koms van kontrakarbeiders van Brits-Indië om op die suikerrietlanderye van Natal te werk. Van die omtrent 176 000 Indiërs van alle godsdienste wat na Natal gebring is, was sowat 7-10% Moslems.

Die derde fase, ná apartheid, word gekenmerk deur die migrasie van Moslems uit Afrika na Suid-Afrika. Onlangse syfers word op tussen 75 000 en 100 000 geraam. Daarbenewens is daar 'n aansienlike aantal Moslems uit Suid-Asië wat hulle as ekonomiese immigrante hier gevestig het.[2] Die meerderheid Moslems is Soenniete, gevolg deur Sjiiete en Ahmadi, veral in Kaapstad.[3]

Islam in Suid-Afrika kan voor die koloniale tydperk waargeneem word; dit het uit geïsoleerde verhoudings met Arabiese handelaars van Oos-Afrika ontstaan. Baie Moslems beskryf hulself as Kleurlinge, veral in die Wes-Kaap, party van hulle voorouers het as slawe van die Maleise Argipel (Melayu Tanjung/Kaapse Maleiers) gekom. Ander Moslems beskryf hulself as Indiërs, veral in KwaZulu-Natal; hulle voorouers het hoofsaaklik as kontrakarbeiders en entrepreneurs uit Suid-Asië gekom. Kaapstad, Durban, Port Elizabeth, Oos-Londen, Kimberley, Pretoria en Johannesburg vorm hedendaagse sentrums van Islam in Suid-Afrika.

  1. Statistics South Africa. "General Household Survey 2015" (PDF) (in Engels). p. 28. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020. Besoek op 6 Januarie 2019.
  2. (en) Faizal Dawjee. "Muslims in the Struggle". Besoek op 24 Mei 2013.
  3. (en) Abdulkader Tayob. Islamic Resurgence in South Africa: The Muslim Youth Movement. p. 104. Besoek op 6 Januarie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search